Die Sir-VIVO-r Karavaan en Tent Kampoord by NIMENG

Die Sir-VIVO-r Karavaan en Tent Kampoord by NIMENG

Menu

TUISBLAD

DIE NAAM SIR-VIVO-R?

'n Deel van die ruim Kampterrein
'n Deel van die ruim Kampterrein

Sir-VIVO-r is 'n buitengewone naam vir 'n buitengewone kampoord.

Die kampoord is 8 kilometer noord-oos van VIVO in die Limpopo provinsie van Suid Afrika. Die oord is op 'n wildsplaas binne in 'n wildkamp gevestig.

Sir-VIVO-r is die plek waar 'n mens sonder titels (Sir) en fomaliteite kan ontspan en oorleef.

Die kampfasiliteit is doelbewus as 'n oorlewingsfasiliteit naby VIVO ontwikkel soos wat die woord "Sir-VIVO-r" dit mooi beskryf.

Dit beteken:

  • Daar is geen elektriese kragpunte by karavaan staanplekke nie.
  • Die karavaan en tent staanplekke is nie uitgemerk soos in tipiese karavaan en tent oorde nie.  
  • Warm water vir storte, gesig- en skottelgoedwas, word met sonkrag en 'n warmwater "donkie" geproduseer.  


  • Daar is wel koue waterkrane naby die plekke waar karavane en tente opgeslaan kan word. Water kan met tuislange aan karavane gekoppel word.
  • Daar is ook 'n gemeenskaplike ablusie fasiliteit met storte, toilette en gesigwas wasbakke nie te ver van die plekke waar karavane en tente opgeslaan kan word.
  • Daar is ook gemeenskaplike skottelgoedwas wasbakke naby die plekke waar karavane en tente opgeslaan kan word. Die wasbakke het koue en warm water.
  • Die kampterrein is groot wat beteken dat daar meer as genoeg plek is om karavane en tente op te slaan.